Gebed |
Leerstelling |
Gedrag |
Verlossing |
Verhoudings |
Beloftes/Lof |
Belangrike Gedeeltes |
Tegnieke
Daar is verskeie benaderings tot die memorisering van skrifgedeeltes.
Vee die woorde uit
Skryf die Bybelvers op ‘n witbord en laat almal dit hardop saam lees. Vee dan ‘n woord uit en laat hulle dit weer lees, terwyl hulle die uitgewisde woord verskaf. Hou aan om die woorde uit te vee en die vers hardop te lees totdat al die woorde weg is. Op hierdie stadium behoort die hele klas die vers te ken.
Skryf die vers met die hand
Skryf die verse ‘n paar keer met die hand neer totdat jy dit uit die geheue kan doen.
In ‘n lied
Baie gedeeltes van die Skrif is getoonset. Om die lirieke van ‘n lied te memoriseer is baie makliker as om rou teks te memoriseer, en dit sal vir jare onthou word. As die vers wat jy probeer memoriseer reeds getoonset is kan jy oorskakel na die weergawe van die teks wat met die lied ooreenstem. As dit nie getoonset is nie, maak jou eie deuntjie. Ondersoek verskillende vertalings van die teks om te sien watter een die beste by jou lied pas.
Sê dit hardop
Om dit te hoor en te sê sal baie meer effektief wees as om dit net te “dink”.
Sê dit met ritme
Dit is soortgelyk aan die “in ‘n lied” benadering hierbo, maar dit is dikwels makliker om ‘n ritme te maak as wat dit is om ‘n hele deuntjie te maak. Klap jou hande en stamp jou voete op verskeie plekke in die vers as dit help. Maak ‘n klapspel daarvan soos “handjies-klap” en leer dit saam met ‘n maat.
Voeg aksies by
Hoeveel liedjies ken jy wat met bewegings verband hou? As jy hande klap en voete stamp sal dit selfs meer help as jy ander aksies byvoeg soos om ‘n vislyn te gooi, of om ‘n hart in die lug te teken.
Gebruik ‘n aanlyn raaiselmaker (“Puzzlemaker”)
Om geskrewe aktiwiteite vir skrifgedeelte te maak soos:
- Blokkiesraaisels
- Voltooi die oop spasies/vermiste letters
- “Scripture Scrambles”
Trap op dit
Druk elke woord van ‘n teks op papier, een woord per bladsy in groot druk. Lê die papier op die vloer neer en trap op elke bladsy terwyl jy die teks sê. Verwyder woorde van tyd tot tyd.
Skrywersblok
Skryf elke woord van ‘n teks op houtblokke, een woord per blok. Meng die blokke en sit dan weer die teks aanmekaar. Twee blokstelle van dieselfde vers sorg vir ‘n opwindende spel!