Evangelies
|
Geskiedenis
|
Briewe
|
Profesie
|
Demonstreer jou vermoë om enige Nuwe Testament boek te vind.
Sodra jy die name van die boeke van die Nuwe Testament in volgorde ken, sal dit baie makliker wees om dit in die Bybel te vind. As jy hierdie vereiste los tot nader aan die einde van die Baanbrekerjaar, sal jou Vriende heelwat kans gehad het om dit te leer voor hulle hul vermoë om dit te doen moet demonstreer. Sê vir hulle om dit vooraf by die huis te oefen.
‘n Bybel Swaarddril is ‘n prettige groepsaktiwiteit om die deelnemers oefening te gee om die boeke van die Bybel vinnig te vind. Efesiërs 6:13-17 beskryf die Christelike “wapenrusting” waarvan die swaard die Woord van God is (vers 17).
Daar is baie variasies van die Bybel Swaarddril. Dit is belangrik om dit te doen met ‘n gedrukte weergawe van die Bybel eerder as ‘n elektroniese toestel. Anders bewys hulle hul vermoë om die toestel te gebruik, eerder as om ‘n boek in die Bybel te vind.
Swaarddril Een
- Kies deelnemers:
- Twee Baanbrekers (of personeel) om die tou vas te hou.
- Soveel deelnemers as verlang.
- Deelnemers sal ‘n reguit ry vorm agter ‘n tou wat reg voor hulle gehou word, ongeveer 75 cm van die vloer af. Hulle Bybel moet onder hul linkerarm (skede) gehou word.
- Die leier sal die bevele gee: “AAN-DAG” “TREK SWAARDE”. Deelnemers bring vinnig hulle regterhand oor hulle lyf – trek hulle swaard (Bybel) en hou dit voor hulle, toe, middellyf-hoogte, gereed om die verwysing te vind.
- Die leier kondig die verwysing aan, bv: “Die Boek van Markus” (begin met die bekende boeke), of vra vir ‘n boek uit een van die afdelings, bv: Evangelies, Briewe. Die oefening word moeiliker wanneer jy die kleiner boeke noem, of vra vir ‘n spesifieke hoofstuk en vers.
- Geen deelnemer beweeg voordat die bevel “GAAN” gegee word nie. Die tou word by hul voete laat val terwyl die deelnemers vinnig die verwysing vind. Sodra die verwysing gevind is, neem hulle een tree vorentoe, terwyl een hand op die oop bladsy van die Bybel gehou word.
- ‘n Tien sekonde tydsbeperking word gegee vanaf die opdrag “GAAN” om die verwysing te vind en een tree vorentoe te gee. (Pas die tydsbeperking aan om by die ervaring van die groep te pas).
- Die tydhouer sal “TYD” roep wanneer die tydsbeperking verstryk het. Die tou sal onmiddellik opgelig word en dalk van die deelnemers vang wat nog nie heeltemal oor is nie. Hulle moet teruggaan agter die tou.
- Elke deelnemer wat oor die tou tree voor die tydsbeperking verby is, is ‘n wenner.
- ‘n Aangestelde beoordelaar sal die verwysings kontroleer.
- ‘n Beloning van twee punte kan aan elke wenner toegeken word. Kyk wie eerste twintig punte kry.
- Die leier sal roep: “EEN TREE TERUG”. Die persone wat die tou vashou sal die tou laat sak en weer oplig nadat die deelnemers daaroor getree het.
- Die leier sal roep: “BÊRE SWAARDE”. Deelnemers steek vinnig hulle Bybels onder hul linkerarm in en bring regterhand terug na hulle sy.
- Nou gereed om aktiwiteit te herhaal vanaf “TREK SWAARDE”.
Swaarddril Twee
Nog ‘n benadering is om die Baanbrekers in twee spanne te verdeel. Laat dan een Baanbreker op ‘n slag die vers opsoek (gebruik ‘n ander vers vir elke Baanbreker) terwyl jy met ‘n stophorlosie tyd hou (as jy nie ‘n stophorlosie het nie kan jy kyk of jou selfoon een het). Teken hul individuele tye aan en voeg dit by die span se tyd. Wanneer almal ‘n beurt gehad het, is die span met die vinnigste tyd die wenners.